wat soek jy hier
ek is van hier
my stem is vir die
eerste keer vry
Afrika
ek verweer brutaal
die gaping van my hart
al glo jy dan nie in ’n
siel nie
hierdie gekeerde lewe is
myne, dus,
en moet geleef word
en moet geleef word
land van genade en verdriet
die land so bloeiende
tussen ons
skryf ons die grond onder ons voete
gun my die woord
~
Inga kommentarer:
Skicka en kommentar